Wiskunde

Wiskunde

Sunday 7 May 2017

Lesplan vir vergelykings

Wat is die leeruitkomste van hierdie les?
·         Om 'n probleemsituasie te beskryf deur vergelykings op te stel.
·         Analiseer en interpreteer vergelykings.
·         Los vergelykings op deur inspeksie.
INLEIDINGFASE  - 10 Minute
 Gee vir die kinders ʼn probleem situasie wat bekend is vanaf graad 7 werk.Leerders gaan dan ʼn aankopingspunt hê.
Skryf die volgende neer:
v  Dink aan ʼn getal. Tel vier by ʼn sekere getal dan is die antwoord 39. Wat is die getal?
Nommer x                 Laat die nommer =  “x” (Staan bekend as ʼn veranderlike)
x+4=39    
VRA:  WAT plus 4 is gelyk aan 39?              
35+4=39               Die LK moet gelyk wees aan die RK

Daarom is die nommer 35, so dit beteken dat x=35

NB-  Kyk altyd of  jy reg is
                       35=39-4

Onderrig- en leerfase -20 minute
Onderwyser aktiwiteite
Leerder aktiwiteite
Deel leerders in 4 groepe en moedig hulle aan om die leereenheid te bespreek.
Leerders moet die volgende probleme bespreek en oplos:
     a)    ʼn Nommer plus 4 is 28
     b)    Wanneer ek ʼn getal deel deur 25 is die antwoord 3
    c)    Die verskil tussen 200 en ʼn getal is 15
    d)    Die produk van ʼn getal en 5 is 75
    e)    Die som van 3 keer ʼn sekere getal is 7 is 43
     f)     24 wat afgetrek word van ʼn sekere getal is 94

Vra die leerder om in woorde te verduidelik wat die volgende beteken
2x-2=20
Moontlike antwoorde:
     ·          2 maal x minus 2 = 20, of
     ·         x is 2 plus 20 gedeel deur  2
     ·         2 maal x is 2 minder as 20
Gee die leerders die volgende oefeninge om te doen:
a)15+a=35
b)b-33=58
c)3c=120
d)d÷5=15
Vind die waardes van die volgende onbekende:

a)15+a=35
b)b-33=58
c)3c=120
d)d÷5=15

KLASWERK-  15 minute
Kies sekere vrae in die handboek wat gebruik word in die klaskamer.
Kies die korrekte antwoord:
1.May koop ʼn pakkie van 20 stokkies lekkers vir R30,00. Hy het die vergelyking
20a = 30,00 om die koste van een sjokolade uit te werk. a=?
a) a=30.00-20
b) a=30.00/20
c)a=30.00 x 20
d)a=30.00+20
2.As 2x-30=0, dan is x gelyk aan?
a)12
b)13
c)14
d)15
3.Watter vergelyking is gelyk aan die volgende 2x+2=8?
a)2x +  2– 2 = 8 - 2
b)4x + 4 = 4
c)6x = 8
d)2x + 2 – 2 = 8 + 2
e)2x = 2
4 . 5x-1=0
a)5
b) 1
c)1/5
d)-5
5.x/5=100
a)5
b)20
c)500
d)50
AFSLUITFASE   -5 minute
Gee vir die kinders huiswerk vir die middag en merk dit die volgende dag om te kyk of die kinders dit kan doen en dit verstaan.
Moedig die kinders aan om die volgende te doen:
1.    Vra gereeld HOEKOM vir die leerders om hulle kennis op te bou.
2.    Maak seker dat jy die wiskunde terme ken.
3.    Maak seker hulle kan die som in woorde lees!
4.    Maak seker die wiskundige stappe wat jy doen korrek is.

5.       Maak seker dat die LK = RK.
Goeie dag.

Sukkel jy met wiskunde?
Dan...
Is jy op die regte plek.

Verduideliking van lesplan